Page 12 - Good News August 2005 paper
P. 12

"God wat gesê het: "Laat daar lig
          skyn uit die duisternis," het ook in
          ons harte 'n lig laat skyn om ons te
          verlig  met  die  kennis  van  die
          heerlikheid  van  God,  wat  van
          Jesus Christus uitstraal. Ons wat
          hierdie  skat  in  ons  het,  is  maar
          kleipotte  wat  maklik  breek;  die
          krag wat alles oortref, kom dus van
          God, nie van ons nie" (2 Kor. 4:6-7).
          Die  lig  van  God  se  heerlikheid
          skyn in die hart van al Christus se
          volgelinge. Maar: "Ons wat hierdie
          skat in ons het, is maar kleipotte
          wat  maklik  breek,"  sê  Paulus,
          sodat almal sou besef die waarde
          lê  in  die  inhoud,  nie  in  ons  (die
          houers)  nie!  -  Handboek  by  die
          Bybel, Pat & David Alexander, Lux
          Verbi.BM, 2004.
          Wat  beteken  dit  om  ‘n  kleipot  te
          wees?  Dit  beteken  dat  jy  allerlei
          gevare moet trotseer. Al word die
          kleipot verdruk, verleë, vervolg en
          neergegooi,  al  lyk  dit  of  hy
          vernietig  is,  gryp  God  telkens  in
          om  die  kleipot  te  bewaar.
          Simbolies wys die breekbaarheid
                                                                  van  die  kleipot  na  Christus  se
                                                                  lyding en sterwe ter wille van ons.
                                                                  Daarom  moet  ons  ook  lyding
                                                                  aanvaar en verduur met dieselfde
                                                                  heerlikheid  waarmee  Hy  volhard
                                                                  het. Net soos God die Here Jesus
                                                                  opgewek  het  en  aan  Hom  die
                                                                  ereplek by Hom gegee het, só sal
                                                                  God ons ook deur lyding heen laat
                                                                  triomfeer oor ons probleme.
                                                                  Al  sou  ons  uiterlike  ook  swaar-
                                                                  kry,  moet  ons  as  verkondigers
                                                                  van die evangelie nie moedeloos
                                                                  word  nie.  Ons  innerlike  word
                                                                  daagliks  versterk.  Ons  swaarkry
                                                                  in  hierdie  lewe  is  tydelik  en  is
                                                                  gouer verby as wat ons dink, en
                                                                  die heerlikheid wat voorlê, oortref
                                                                  alles en sal vir altyd bly. Daarom is
                                                                  ons  toewyding  en  gerigtheid  op
                                                                  die onsigbare, ewige dinge. - Die
                                                                  Bybel A-Z, Jan van der Watt, CUM.
   7   8   9   10   11   12   13