Page 12 - Good News July 2006 paper
P. 12

HY HET WEGGEGAAN... OM BY ONS TE WEES
                            Vervolg van p. 1

          dergeliks tydens hulle ballingskap ervaar het. 'n
          Ander  woord  vir  ballingskap  sou  kon  wees:
          Godverlatenheid.  Dat  hulle  van  hulle  grond  af
          weggeneem  is,  was  erg.  Dat  hulle  bekende
          lewenspatroon in stukke gebreek is, was erg. Dat
          hulle God, Jahwe, skynbaar die stryd teen Marduk,
          die god van Babel, verloor het, was erger as erg.
          Maar dat God hulle verlaat het, hulle oorgegee het
          aan  hulle  eie  lot  en  hulle  eie  skuld,  dít  was  die
          ergste. Daarom hoor ons hulle ook telkemale in
          die Jesaja-boek kla: die Here sien ons nie raak nie;
          die Here het ons vergeet; die Here se verbond met
          ons het in duie gestort (vgl. 40:27; 49:15; 54:10).
          Maar dis nie waar nie! Jesaja 40 verkondig in alle
          tale presies die teendeel. Kernagtig saamgevat lui
          die boodskap daarvan: ... "Julle God is hier!" Die
          Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer ... (v. 9,
          10).
          God  se  afwesigheid  is  skyn,  'n  illusie.  Of  beter   hemel en aarde, tussen vandag
          gesê:  Hy  is  net  op  ander  maniere  by  ons         en  die  ewigheid  nie,  maar
          teenwoordig  as  wat  ons  gedink  het.  Die  fout  lê   verbinding, oorvleueling, ineen-
          eerder by ons manier van kyk, by ons (geloofs-)         skuiwing.
          oë.  Ons  kyk,  maar  ons  sien  nie.  Ons  staar  ons   Hemelvaart  beteken  dat  Jesus,
          blind teen die magte, die gode, die Bose, ja, teen      ons goeie Herder, nader aan ons
          ons eie skuld. Ons reken dat God ons alleen in die      is as toe Hy op die aarde in die
          doodloopstraat  van  ons  omstandighede  agter-         omstreke van Palestina rondge-
          gelaat het. Intussen is Hy nader aan ons as ons         wandel het. Hemelvaart jubel dit
          hemp of ons rok (Luther).                               uit  wat  ook  dwarsdeur  die  res
          Ons God is hier.  Ons God kom.  Dis ook presies         van  die  Skrif  opklink:  Moenie
          die boodskap van die hemelvaart van Jesus. Die          bang  wees  nie  (vgl.  40:9),  julle
          Een wat met die wolke weggeneem is, kom weer,           God is naby, asemrowend naby,
          maar  intussen  het  Hy  ons  nie  as  weeskinders      om jou, binne-in jou. Hy omsluit
          alleen gelaat nie. Hy het eerder deur Sy Gees in        jou  van  alle  kante,  neem  jou  in
          ons kom woon (vgl. Joh. 14:18).                         besit (vgl. Ps. 139:5).
          Hy het ons wat gedwaal het soos skape, ons wat          Hy  is  by  jou,  binne-in  jou
          elkeen sy en haar eie pad geloop het, nie aan die       ballingskap,  binne-in  jou  erva-
          Godverlatenheid van die wildernis oorgelewer nie,       rings  van  Godverlatenheid  en
          maar  ons  soos  'n  Herder  kom  versorg:  die         Godswye.  Trouens,  Hy  praat
          lammers maak Hy bymekaar in Sy arms en Hy dra           selde  harder  met  'n  mens  as
          hulle  teen  Sy  bors,  Hy  sorg  vir  die  lammerooie   wanneer jy reken dat Hy swyg; is
          (vgl. Jes. 40:11; ook 53:6, 7). So is Hy onder ons      selde nader aan jou as wanneer
          werksaam, Hy wat die Magtige is, wat regeer as 'n       jy reken dat Hy ver is. Dit hang
          Herder, 'n goeie Herder, wat Self Lam geword het        net af hoe jy luister, en kyk.
          om Sy lewe af te lê vir Sy kudde (vgl. Joh. 10:11).     Spurgeon  het  geskryf:  "lemand
          Daarom  kan  jy  Hom  juis  miskyk:  Hy  wat  as  die   sê:  Waar  is  God?  lemand
          Koning aan God se regterhand sit, is steeds deur        antwoord: Waar is God nié?"
          Sy Gees by ons as die nederige, die Herder, die         Uit:  Het  God  'n  Handvatsel?
          skynbaar magtelose en skynbaar afwesige.                Johan Cilliers, CUM, 2003.
          Die Herder haal nie die voorblad van die koerant
          nie, net dié wat skynbaar herderloos is; die Herder
          se  koms  en  werksaamheid  word  nie  met  groot
          fanfare aangekondig nie, eerder dié van bose en
          vernietigende magte. Maar, kyk mooi, kyk weer:
          die Een wat na die hemel opgevaar het, is hier, en
          Hy  kom.  Sit  jou  geloofsbril  op,  kyk  met
          verhelderde geestesoë na die dinge rondom jou
          en die tyd waarin jy lewe: dis die ruimte, die tyd
          waarin  die  Herder  werksaam  is.  Ja,  ook  híérdie
          tyd,  vandág,  is  Herderstyd,  bymekaarmaaktyd,
          troostyd (vgl. 40:1, OAV).
          Hemelvaart is geen verlies nie, maar louter wins
          vir ons. Dit bevestig dat God in ons midde is, dat
          Hy  ons  nie  in  die  steek  gelaat  het  nie,  ons  nie
          prysgegee het aan die noodlot of die demone of
          die gruwels van die geskiedenis nie. Dit getuig dat
          die Een wat op die troon sit en die septer swaai ook
          vandag  Sy  herderstaf  oor  ons  sal  uithou  en  Sy
          arms om ons sal vou. Dit verklaar dat die Een wat
          opgestaan het ook in die toekoms, al die dae tot
          die voleinding van die wêreld, met die deernis van
          die Gekruisigde by ons sal wees.
          Hemelvaart  beteken  nie  verwydering  tussen
   7   8   9   10   11   12   13