Page 4 - Good News September 2018 paper
P. 4

http://decade2020.com





























                                                                                            één tye in ons lewe is só hopeloos dat God se Woord nie lig op
                                                                                            die situasie sal werp en ons sal vertroos nie. Ek ken talle ouers
                                                                                     Gwat die Woord van God gebruik om hulle gevoel van hopeloos-
                                                                                     heid omtrent hulle tieners se optrede teen te werk. Hulle gaan na die
                                                                                     kind se kamer en lees eenvoudig die Skrif hardop. Nie net het hoop in
                                                                                     hul eie hart opgevlam nie, maar hulle het ook kort daarna veranderings
                                                                                     in hulle kinders bemerk - selfs wanneer die kind nie daar was om dit
                                                                                     aan te hoor nie.
                                                                                     As jy met hopeloosheid, verlies, siekte of versoekings worstel, moet jy
                                                                                     sorg  dat  God  se  Woord  voortdurend  teenwoordig  in  jou  lewe  is.
                                                                                     Koppel  jou  daaraan  soos  aan  binneaarse  voeding  en  laat  dit
                                                                                     onafgebroke  deur  jou  geestelike  are  vloei.  Die  lig  daarvan  sal
                                                                                     hopeloosheid  uit  jou  lewe  brand.  “Alles  wat  vooraf  in  die  Skrif
                                                                                     opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die
                                                                                     standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan
                                                                                     wees”  (Romeine  15:4).   Moet  dit  nie  eens  oorweeg  om  'n  lewe  te
                                                                                     probeer bou sonder om God se Woord as kraggereedskap te gebruik
                                                                                     nie; trouens, maak juis dít  jou fondament.


                                                                                     Wanneer jy ook al voel jy is in die donker of op onvaste bodem, vra God
                                                                                     om die lig van Sy Woord in jou hart te gee. Sê: “Stuur U lig en U
                                                                                     waarheid dat dié my lei en my bring na U heilige berg” (Psalm 43:3).  As
                                                                                     jy wil verstaan hoe die lewe werk, lees net Sy Handboek. As jy moet
                                                                                     weet waarheen jy veronderstel is om te gaan, sal Sy waarheid jou in die
                                                                                     regte rigting stuur, jou pad verlig en voorkom dat jy die pad byster
                                                                                     raak.

                                                                                     Wees honger vir God se Woord soos vir kos. Ontwikkel 'n dors daarna
                                                                                     soos na water. Baai daarin soos in 'n borrelbad. Trek dit aan soos 'n
                                                                                     kledingstuk.  Verweef  dit  met  jou  siel  sodat  dit  deel  word  van  die
                                                                                     weefstof  van  jou  lewe. As  jy  dit  doen,  sal  jy  nie  bloot  op  die  pad
                                                                                     voortsukkel nie; jy sal in die voetligte dans!

                                                                                     NET God se Woord
                                                                                     in ons gemoed,
                                                                                     in ons hart,
                                                                                     en op ons lippe,
                                                                                     sal die duisternis
                                                                                     van leuens verdryf
                                                                                     en ons bewapen
                                                                                     met 'n tweesnydende
                                                                                     swaard
                                                                                     wat kragtiger is
                                                                                     as enige wapen             cristovision.tv
                                                                                     wat die opposisie
                                                                                     teen ons kan gebruik!

                                                                                     [NET  GENOEG  LIG  VIR  MY  VOLGENDE  TREE,  Stormie  Omartian,
                                                                                     Struik Christelike Boeke, 1999]
   1   2   3   4   5   6   7   8   9