Page 1 - Good News August 2011 paper
P. 1

at  beteken  'n  vriendelike  woord   aan baie van ons bekend is.
                    of warm handdruk van 'n mede-       Paulus moes ontsettend eensaam gevoel
          Wmens tog nie vir jou as jy met die           het toe hy ná sy bekering tot die Christelike
          een of ander moeilikheid worstel nie? In      geloof  in  die  Siriese  stad  Damaskus
          sulke omstandighede is opregte belang-        aangeland het. In Jerusalem was hy 'n man
          stelling  en  'n  gebaar  van  meegevoel      van  aansien,  'n  aristokratiese  Jood,  'n
          dikwels vir 'n mens van meer waarde as        Hebreër uit die Hebreërs. Nou breek hy met
          die gulhartigste materiële aanbiedinge.       sowel dié prestige as sy vroeëre vriende.
          Ek  dink  in  hierdie  verband  aan  drie     Hy stap Damaskus binne sonder 'n vriend.
          treffende gebeurtenisse wat waarskynlik       By  niemand  kan  hy  aanklop  om  hulp  en
                                                        raad nie - die Christene by wie sy toekoms-
                                                        tige tuiste sou wees, was nog bang vir hom
                                                        en bejeën hom met agterdog.
                                                        Sonder 'n vriend in die wêreld, eensaam, en
                                                        met 'n onbekende toekoms voor hom. Juis
                                                        op hierdie donker tydstip daag Ananias, die
                                                        leier van die Christelike gemeenskap van
                                                        Damaskus, by hom op. Hy lê sy hand op
                                                        Paulus  en  sê  vir  hom:  “Saul,  broeder...”
                                                        (Hand. 9:17). Wie kan bereken wat hierdie
                                                        aanraking,  dié  broedergroet  vir  Paulus
                                                        beteken het en watter bydrae dít gelewer
                                                        het  tot  die  ywer  waarmee  hy  later  die
                                                        Evangelie  na  verafgeleë  gebiede  gedra
                                                        het?
                                                        In  die  lewe  van  Luther  gebeur  daar  iets
                                                        dergeliks. Hy moet voor
                                                        die Ryksdag van Worms
                                                        verskyn. Dit is 'n krisis-
                                                        uur  vir  die  Hervorming,
                                                        en 'n uur waarin Luther
                                                        alleen die stryd vir waar-
                                                        heid  en  vryheid  moet
                                                        voer  teen  die  magtige
                                                        Rooms-Katolieke  Kerk.
                                                        En  toe,  net  voordat  hy

                                                              Vervolg op p. 2ervolg op p. 2
                                                              V
   1   2   3   4   5   6