Page 5 - Good News December 2010 paper
P. 5
an die begin van die 20ste eeu het 'n man een oggend die
koerant oopgevou en tot sy verskrikking sy eie doods-
Aberig daarin gelees. Dit was klaarblyklik 'n vergissing met
name, want hier was die “dooie man” dan nou besig om ‘n
nadoodse huldeblyk oor homself te lees!
Nietemin het hy met groot nuuskierigheid voortgelees om te
sien wat mense na sy dood oor hom sou sê... Die opskrif het
gelui: “Plofstofkoning sterf”. Dit was al erg genoeg, maar verder
in die berig moes hy telkens tot sy ontsteltenis lees dat hulle van
hom praat as “die handelaar van die dood”.
Maar was hulle verkeerd? moes hy hom afvra. Hy het immers
dinamiet uitgevind en baie, baie ryk geword uit die
vervaardiging van plofstof en die verkope van allerlei
vernietigende wapens.
Die beskrywing in die koerant het hom diep geraak. Wou hy vir
ewig onthou word as “die handelaar van die dood”? Eensklaps
het hy besef dat hy ‘n unieke tweede kans gekry het... Hy kon
nog sy toekomstige grafskrif verander.
Na nederige gebed het hy bewus geword van die helende krag
van Christus se liefde in sy lewe - 'n krag veel sterker as die
vernietigende effek van dinamiet. Dit was 'n lewens-
veranderende oomblik. Na daardie dag het die dinamietmagnaat
sy energie en geld bestee aan opheffingswerk en die bevor-
dering van vrede tussen strydende groepe.
Vandag word Alfred Nobel nie meer onthou as “die plofstof-
koning” of “die handelaar van die dood” nie. Ons ken hom as die
stigter van die Nobelprys vir Vrede. Sy grafskrif praat van vrede
in plaas van plofstof...
Jesus, die verrese Heiland, het ons Vredevors geword! Sy leë
graf getuig van die kragtige Hand van die God van Vrede wat die
moontlikheid tot versoening tussen Homself en hierdie vrede-
lose wêreld bewerkstellig het. Hy is bereid om elkeen wat na
Hom toe kom, vrede te gee wat alle verstand te bowe gaan. Laat
ons dan Sy Naam op ons lippe neem en ons sukkelbestaan by
Sy voete neerlê. Laat Hy jou Vredevors word!