Page 6 - Good News January 2007 paper
P. 6

Wat sou gebeur as die Here vandag nie tyd gekry het om ons te
                                                                                     seën nie, omdat ons gister nie tyd gekry het om vir Hom dankie te
                                                                                     sê nie?
                                                                                     Wat sou gebeur as die Here ons môre nie sou lei nie, omdat ons
                                                                                     Hom vandag nie gevolg het nie?
                                                                                     Wat sou gebeur as die Here vandag die Bybel sou wegneem,
                                                                                     omdat ons dit nie gister gelees het nie?
                                                                                     Wat  sou  gebeur  as  die  Here  ons  gebede  sou  beantwoord  op
                                                                                     dieselfde manier as wat ons Sy oproep tot diens beantwoord
                                                                                     het?
                                                                                     Wat sou gebeur as Hy in ons behoeftes voorsien op dieselfde
                                                                                     wyse as wat ons ons lewe aan Hom toewy?
                                                                                     Dankie, Here, dat U Woord sê: “Hy behandel ons nie volgens die
                                                                                     sonde wat ons gedoen het nie, en betaal ons nie terug vir ons
                                                                                     misdade nie” (Ps. 103:10).
                                                                                     - Oorgeneem
   1   2   3   4   5   6   7   8   9