Page 8 - Good News January 2007 paper
P. 8

l sou ek die mooiste huis in die buurt hê en
                 met die duurste BMW ry, maar my vrou en
          Akinders  geniet  nie  die  weelde  van  my
          teenwoordigheid nie, dan is ek so waardeloos soos
          'n bankrekening met 'n nulbalans.
          Al het ek die gawe van woorde sodat ek 'n direksie
          met my argumente kan swaai, of skares na my preke
          kan laat stroom, en ek het nie die liefde om na my
          kinders te luister nie, doen ek meer kwaad as goed.
          Al ken ek die geheimenisse van die Beurs en die
          Reserwebank; en besit ek al die kennis van rugby-
          en krieketreëls; en al het ek al die geloof dat ons
          hierdie land met gebed kan verander, maar ek het
          nie die liefde om my kinders die gevare van baie
          geld te leer, langs die baan te staan as hulle speel, of
          hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie.
          Al  gee  ek  'n  dubbele  tiende  vir  die  armes,  en  al
          beroem ek my dat ek op elke liefdadigheidsraad in
          my dorp dien en vakansies my gesondheid opoffer
          om in malariagebiede sendingwerk te doen, en ek is
          te moeg om saans vir my kinders boeke te lees of
          naweke in die veld met hulle te gaan stap, baat dit
          my alles absoluut niks.
          'n Pa wat liefhet, is geduldig met kinders wat sukkel
          met wiskunde; 'n Pa se liefde is vriendelik met 'n
          kind wat nie wil rugby speel nie; hy is nie afgunstig
          op pa's met slimmer of mooier kinders nie; hy is nie
          grootpraterig  en  verwaand  oor  sy  kinders  se
          prestasies nie.
          'n Pa se liefde handel nie onwelvoeglik met die ma
          van sy kinders nie; soek nie sy eie belang sodat sy
          huismense  laaste  kom  nie;  is  nie  liggeraak  en
          nukkerig as 'n kind 'n bietjie ekstra aandag soek nie.
          'n Pa wat sy kinders liefhet, hou nie boek van hul
          foute  en  peper  hulle  nie  met  verwyte  nie.  'n  Pa
          verbly hom nie oor 'n kind se foute nie, met: "Ek het
          jou gewaarsku, maar jy wou nie luister nie."
          Hy is verheug as hy sy kinders die waarheid hoor
          praat - selfs tot hul eie nadeel. Daarom wil ek my
          kinders se skandes met liefde bedek; in hulle glo,
          die beste vir hulle hoop, en hul kleredrag, klaery en
          kritiek verdra.
          'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek van 'n ouer
          bly  lank  in  'n  kinderhart.  Maar  die  verslag  of  die
          toespraak wat ek liewer in dié tyd wou skryf - sal
          oormôre weer vergeet wees. Vandag se noterings
          op die aandelemark is volgende week niks werd nie.
          In die lig van die Volmaakte wat kom, word al my
          kennis en besittings gerelativeer.
          Toe  ek  'n  jongman  was,  was  ek  gesteld  op  my
          voorkoms,  my  motor  en  my  geleerdheid;  maar
          noudat  ek  pa  geword  het,  wil  ek  net  graag  my
          kinders  met  liefde,  balans  en  geloof  grootmaak.
          Nou  kyk  ek  nog  vas  teen  rebelse  tienergesigte,
          maar eendag as hulle groot is, sal hulle verstaan
          wat ons hulle wou leer, en wat God ons almal leer.
          En nou: Geduld, Aanmoediging en Liefde bly, maar
          die  waardevolste  hiervan  is  onvoorwaardelike
          LIEFDE!
          [Stories vir die Lewe Omnibus, Lux Verbi.BM, 2002]
   3   4   5   6   7   8   9