Page 7 - Good News June 2005 paper
P. 7
Fariseërs, wat dink julle van Christus?
"Hy eet saam met tollenaars en sondaars" (Matt. 9:11).
Pilatus, wat dink jy van Christus?
"Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie"
(Luk. 23:22).
Judas Iskariot, wat dink jy van Christus wat jy vir dertig
silwerstukke verkoop het?
"Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai" (Matt. 27:4).
Hoofman oor honderd, wat dink jy van Christus wat julle bewaak
het?
"Waarlik, Hy was die Seun van God" (Matt. 27:54).
Duiwels, wat dink julle van Christus?
"Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God?" (Matt. 8:29).
Johannes die Doper, wat dink jy van Christus?
"Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld
wegneem" (Joh. 1:29).
Apostel Johannes, wat dink jy van Christus?
"Hy is die 'blink môrester' " (Openbaring 22:16).
Petrus, wat dink jy van Christus?
"Waarlik, U is die Seun van God!" (Matt. 14:33).
Paulus, wat dink jy van Christus wat jy vervolg het?
"Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die
kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles
prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry"
(Fil. 3:8).
Engel, wat van die hemel neergedaal het met 'n boodskap aan
die skaapwagters, wat dink jy van Christus?
"Kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die
hele volk sal wees dat vir julle vandag in die stad van Dawid
gebore is die Verlosser wat Christus, die Here, is" (Luk. 2:10,11).
Salomo, wat dink jy van Christus?
"Hy is geheel en al die lieflikheid self" (Hoogl. 5:16).
Onse Vader, wat in die hemel is, wat alle dinge weet, wat dink U
van Christus?
"Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na
Hom" (Matt. 17:5).
LESER, WAT DINK U VAN CHRISTUS?
nternational Prayer Ministry se nuwe webruimte,
www.PrayAt7.com het op 1 Feb. 2005 'n aanvang geneem.
IHierdie webruimte poog om Christene wêreldwyd te
mobiliseer om te bid vir ons broers en susters wat vervolg word,
vir die herstel van die Christelike gesin, asook vir die Kerk van
Jesus om die Groot Opdrag weer ernstig op te neem. PrayAt7 is
op soek na Christene wat sal belangstel om minstens vir 7
minute elke dag te bid om 07:00 en 19:00, om hulself te
verootmoedig, om God se aangesig te soek en weg te draai van
hulle sondes!