Page 6 - Good News Okt2007 paper
P. 6

ONTMOET



          DS. DAWIE DE WET



                s.  Dawie  de  Wet  is  reeds
                sedert 1989 'n voltydse sen-
         Ddeling. Hy het in daardie jaar
         die  gerief  van  sy  pastorie  as
         gemeenteleraar prysgegee en hom
         as  sendeling  gaan  vestig  op  'n
         Franssprekende  eiland  waar  die
         Evangelie nie vrylik verkondig kon
         word nie.
         Om  die  werk  onder  die  inheemse
         bevolking  te  kon  doen,  moes  hy
         Frans leer praat. Hy het homself ook
         as  motorwerktuigkundige  gekwali-
         fiseer om oor die weg te kom in die
         moeilike omstandighede.
         Ds. Dawie is getroud met Naomi. Die
         egpaar en hul kinders praat vandag
         vlot Frans.
         Hoewel die egpaar se kinders in die
         Franssprekende  sendingveld
         opgegroei het, is hul reeds almal uit
         die  huis  en  onafhanklik  van  hul      Ds. Dawie en Naomi de Wet
         ouers.                                geestelike leiers wat opgelei word,
         Vandag is ds. Dawie de Wet voltyds    word ook jaarliks groter!
         by Veritas Bible College ingeskakel.   Die  nood  is  egter  oorweldigend
         Sy kundigheid word nou gebruik om     groot. In baie plattelandse gebiede
         inheemse  kerkleiers  uit  verskeie   was daar nog nooit 'n sendeling of
         kerkverbande  in  Franssprekende      evangelis  wat  die  Evangelie  kon
         Afrika  op  te  lei.  Vir  hierdie  doel   oordra  nie.  Ds.  Dawie  ervaar  dat
         gebruik  hy  die  Veritas  College    mense in die DRK  soms vyf dae per
         Bybelskoolmateriaal.                  fiets  reis  om  by  die  opleidings-
         In die Demokratiese Republiek van     klinieke wat hy aanbied, uit te kom.
         die Kongo is daar tans 'n geweldige   Hiermee  saam  help  ds.  Dawie  ook
         aanvraag vir sy hulp. Dié land het 'n   vir  “Woord  vir  die  Wêreld”  om
         inwonertal van ongeveer 55 miljoen    plaaslike Christene in die DRK op te
         mense. Meer as 400 tale word in die   lei om die Bybel vir hul eie mense in
         land gebesig!                         hulle eie taal te vertaal.
         Baie van die taalgroepe het nog nie   Daar  is  min  opgeleide  inheemse
         'n Bybel in hul eie taal nie. Hoewel   kerkleiers  wat  die  Evangelie  effek-
         daar heelwat gevestigde kerke in die   tief kan uitdra. Die uitdaging is dus
         land  bestaan,  is  daar  'n  ernstige   groot.  Dit  is  immers  beter  om  die
         behoefte  aan  opgeleide  gemeente-   inheemse leiers te bemagtig om die
         leiers en Bybelvertalings (Bybels) in   werk in hul eie taal te doen, as om       ns  weet  dat  dit  Jesus  se  laaste  opdrag  aan  Sy  Kerk  was  om  die
         die inheemse tale. Dit is hier waar sy   alleen die taak aan te pak. Een van      Evangelie uit te dra (Mt. 28:19, Hd.1:8). Vir drie jaar lank het Hy ook Sy
         hulp ingespan word.                   sy  drome  is  om  'n  tweedehandse   Odissipels onderrig om uit te gaan en mense te leer om dissipels te
         Goeie nuus is dat ds. Dawie 'n oop    voertuig  in  die  DRK  aan  te  koop   maak vir Christus. Tog is die Kerk vandag so traag om te getuig! Het jy al
         deur  tot  baie  kerkverbande  in  die   sodat die werk verder uitgebrei kan   vandag met iemand gepraat oor Jesus? Hoe bereik 'n mens die ongeveer
         DRK het. Die inheemse kerke nooi      word.                                 2.62 biljoen mense wat nog nie van Jesus se verlossing gehoor het nie? Die
         ds. Dawie reeds geruime tyd uit om    Ons wil graag vandag vir u uitnooi    antwoord: deur eenvoudig een persoon op 'n slag te vertel!
         hul kerkleiers toe te rus. Hy het ook   om by ds. Dawie se werk betrokke te   Dit  laat  my  dink  aan  die  dogtertjie  wat  op  die  strand  gestap  het  en  die
         die  voorreg  gehad  om  die  land  se   raak.  Ons  soek  gelowiges  en    duisende seesterre gesien het wat op die strand uitgespoel het. Sy het een
         weermagkapelane  op  te  lei  deur    gemeentes wat sy werk wil onder-      opgetel en teruggegooi. Toe nog een, en nog een. Haar boetie het gesê: “Jy
         middel  van  die  Veritas  kursus-    steun deur gebed. Om in te skryf vir   kan maar los, dis te veel om 'n verskil te maak!” Toe tel sy nog een op en gooi
         materiaal. Hy het selfs beleef dat een   sy  nuusbrief  en  'n  volledige  inlig-  dit in die see terwyl sy uitroep: “Vir dáárdie één het ek 'n verskil gemaak!”
         inheemse kerkverband onlangs hul      tingsbrosjure  te  ontvang,  moet  u   Elke drie sekondes sterf daar iemand wat nog nie die verlossingsboodskap
         hele  sinodesitting  se  normale      asseblief   vir ons 'n nota stuur met   van Jesus Christus ontvang het nie! Ek en jy kan 'n verskil maak deur iemand
         program  gestaak  het  en  hom  die   die woorde: “Stuur asb. ds. Dawie     te stuur en ook self te getuig! Jy sou tog nie argeloos toegekyk het as dit een
         geleentheid  gegee  het  om  al  die   de  Wet  se  nuusbrief  aan  my”;    van jou eie kinders, of dalk jou ouers was wat sonder Jesus se verlossing
                                                                                     gesterf het nie! Hoe kan ons argeloos toekyk terwyl mense verlore gaan?
         leraars vir die res van die sinode op   gevolg  deur  u  adres  (as  u  oor  'n
         te lei!                               e-pos adres beskik, is dit nog beter).   Die volgende wêreldstatistieke vertel vir ons hoe groot die onvoltooide taak
         Die  Veritas  Opleidingsprogram       Stuur  u  inligting  na  sending@     nog is: Volgens die definisie van die Josua-projek is daar 15 964 etniese
         word reeds in meer as 50 gemeentes    ngkmiederpark.co.za,  faks  na  018   volkegroepe in die wêreld (6.56 biljoen individue). Hiervan is 6 429 (40.3%)
         in die Kongo aangebied. Die stroom   294 3900, of na SMS 082 966 3704.      volkegroepe (of 2.62 biljoen individue - 39.9%) nog onbereik / so min ge-
                                                                                     evangeliseer dat hulle nie die verlossingsboodskap van Jesus verstaan nie.
                                                                                     Indië is die land met die meeste etniese bevolkingsgroepe, naamlik 2 327.
                                                                                     Papoea Nieu-Guinee is die opvolger met 872 (hoewel die landjie maar slegs
                                                                                     5,835 miljoen inwoners het)! Die ander lande wat hierop volg is: Indonesië
                                                                                     (765) en Nigerië (505). Suid-Korea daarteenoor is die land met die kleinste
                                                                                     verskeidenheid  etniese  bevolkingsgroepe  -  slegs  7  (terwyl  hulle  47  841
                                                                                     miljoen inwoners het)! Terloops, die Mandarynse Chinese is die grootste
                                                                                     bevolkingsgroep  en  strek  oor  98  lande  met  'n  totaal  van  793  miljoen,
                                                                                     waarvan 10 miljoen buite China bly.
                                                                                     Die goeie nuus is natuurlik dat 9 535 bevolkingsgroepe in die wêreld al bereik
                                                                                     is! Of anders gestel, dat van die 235 lande reeds 169 (72%) al bereik is.
                                                                                     Vandag  woon  77%  van  die  wêreld  se  onbereikte  individue  in  die  gebied
                                                                                     tussen  die  10-40  Noordelike  breedtegrade  van  die  wêreld.  Dit  sluit  ook
                                                                                     dieselfde gebied in waar die dissipels van Jesus Christus destyds begin het
                                                                                     om die Christelike Evangelie uit te dra! Hoe het die Evangelie dan uitgesterf
                                                                                     in 'n gebied waar dit aanvanklik begin het? Dit wys wat gebeur as ons ophou
                                                                                     getuig! Vandag moet die evangelie weer teruggeneem word na die gebied
                                                                                     waar dit oorspronklik begin het!
                                                                                     Is  jy  reeds  aktief  besig  om  die  Evangelie  uit  te  dra?  Kontak  jou
                                                                                     gemeenteleiers om betrokke te raak in die uitdra van die Evangelie, of skakel
                                                                                     082 340 7549.




                              Hierdie bladsy se inhoud is voorsien en geborg deur die NG Kerk Miederpark, Potchefstroom
                              Hierdie bladsy se inhoud is voorsien en geborg deur die NG Kerk Miederpark, Potchefstroom
   1   2   3   4   5   6   7   8   9