Page 6 - Good News April 2016 paper
P. 6

Gebroke...
                                                     Gebroke...







                                                        k sal NOOIT die tyd vergeet
                                                        toe God my gebreek het nie.
                                                  EEk was nog net 'n paar jaar in
                                                  die bediening as predikant van 'n
                                                  groot  Presbiteriaanse  kerk,  maar
                                                  het bedank.
                                                  Ek  het  natuurlik  verwag  dat  ek
                                                  weer net so 'n groot gemeente sou kry, maar dit het nie gebeur nie.
                                                  Ek het in baie kerke gepreek, maar het nooit 'n beroep gekry nie.
                                                  Na sendingsale het ek my gewend, maar niemand wou my hê nie.
                                                  Ek was in 'n finansiële krisis en was raadop. Op 'n dag het Paul
                                                  Rader  na  Toronto  gekom  om  'n  groot  veldtog  te  hou.  Ek  het
                                                  aansoek gedoen om as plekaanwyser op te tree, maar is spoedig
                                                  weggewys.
                                                  Toe  het  ek  persoonlike  werk  probeer  doen,  maar  wéér  is  ek
                                                  geïgnoreer. Eindelik het ek liederebundels in die paadjies begin
                                                  verkoop. My hart was gebreek. Ek het nie geweet waarheen om
                                                  my te wend nie. Dit het gelyk asof ek aan die einde van my
                                                  bediening gekom het. Ek het gevoel dat God my nie meer kon
                                                  gebruik nie. Ek was desperaat.
                                                  Een  aand  het  Paul  Rader  se  sangleier,  Arthur  McKee,  skielik
                                                  aangekondig dat hy die groot gehoor sou lei in die sing van 'n nuwe
                                                  lied wat so pas die lig gesien het, nl. "Gered". En toe, voor die groot
                                                  vergadering van 3 400 mense, wys hy met sy vinger na waar ek
                                                  besig was om liederebundels te verkoop, en sê: "Daardie jongman
                                                  het hierdie lied geskryf."
                                                  Ek het nie geweet waar om te kyk nie en het maar voortgegaan om
                                                  liederebundels te verkoop. Toe het die gehoor begin sing. Ek sal dit
                                                  nooit vergeet nie! Dit was die eerste keer dat die lied wat ek
                                                  geskryf het, gesing is. In later jare sou ek dit dikwels hoor.
                                                  Toe ek daardie aand huis toe gaan, het God met my gepraat. In my
                                                  hart  het  daar  'n  oortuiging  gekom  dat  die  Here  my  weer  sal
                                                  gebruik om Sy Woord te bedien. Onverwags ontvang ek eendag 'n
                                                  kabelgram  uit  Londen.  Ek  is  gevra  om  'n  paar  Sondae  in  die
                                                  wêreldberoemde  "Spurgeon  Tabernakel"  te  kom  preek  en  het
                                                  dadelik ingewillig.
                                                  Daarna was ek nooit weer sonder 'n gemeente nie. Ek moes talle
                                                  beroepe van die hand wys. Later het daar vir my 'n groot deur in
                                                  "The People's Church" in Toronto oopgegaan. Dit was nie lank nie of
                                                  ek het oral in die wêreld gereis om die Evangelie te verkondig.
                                                  Maar  u  sien,  ek  moes  gebreek  word.  God  het  geweet  dat  ek
                                                  hoogmoedig en ambisieus was.    Dus kon Hy my nie gebruik nie. Hy
                                                  was verplig om my laag op my knieë te bring deur alles van my
                                                  weg te neem, en eers toe ek niks in myself was,   gebreek aan Sy
                                                  voete, kon Hy my weer vertrou en tot Sy verheerliking gebruik.
                                                  (Oswald Smith)
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11