Page 1 - Good News December 2013 paper
P. 1

“Loof die Here, want Hy is goed, aan Sy                sal ek, van alle sorge vry,
          liefde is daar geen einde nie!”                       vir elke dag my hier gegewe
          (Psalm 106:1).                                        U ‘n hoër, reiner loflied wy”
            “Ek weet aan Wie ek my toevertrou het,                    (Gesang 353:4).
                 al wissel dan ook dag en nag;          Met hierdie gesang kan ‘n mens die ou jaar
             Ek ken die Rots op Wie ek gebou het,       uitstap en die nuwe jaar betree! Méér nog,
                 van Wie ek al my heil verwag.          ‘n mens kan daarmee na jou sterfbed gaan
               Eens aan die einde van my lewe,          en die Ewigheid aandurf. Hier, in die laaste
                                                        snikke van die jaar, roep ons die hele pad
                                                        waarlangs  God  ons  gelei  het  in  herin-
                                                        nering. Ons dank Hom vir elke tree van die
                                                        pelgrimsreis, omdat Hy ons deur elke dag
                                                        liefgehad en gedra het.
                                                        Daar  is  baie  waarvoor  ons  om  vergifnis   “...Die pad van die regverdiges is soos die lig van
                                                        moet vra: kosbare tyd wat ons verkwis het,     die môreglans, wat al helderder word tot die volle
                                                        liefde  wat  ons  weerhou  het,  gebede  wat   dag toe” (Spreuke 4:18).
                                                        ons nie gebid het nie, geleenthede wat ons
                                                        laat  verbygaan  het.  Daar  is  so  oneindig
                                                        baie  waarvoor  ons  God  kan  dank:  vir
                                                        bewaring,  genesing,  ondersteuning,
                                                        voorsiening.  Mag  ons  geïnspireer  word
                                                        deur  die  woorde  van  Marie-Louise
                                                        Haskins: “Ek het aan die man by die poort
                                                        ‘n lig gevra vir die donker pad wat voorlê.
                                                        Hy het vir my gesê: ‘Plaas jou swak hand in
                                                        die  Hand  van  die  almagtige  God  en  stap
                                                        moedig voort. Dit sal vir jou beter wees as
                                                        ‘n lig en veiliger as ‘n bekende pad.’”
   1   2   3   4   5   6