Page 2 - Good News February 2006 paper
P. 2

BLADSY 2                   GOEIE NUUS/GOOD NEWS                        TEL. (018) 293 1996 FAKS (018) 297 2308                   FEBRUARIE 2004

                            GOEIE NUUS                                                  UITERSTE


                            GOOD NEWS                                                TOEWYDING

                  Posbus 1957 Potchefstroom 2520
                                                                                     William  Tyndale  het  die  Nuwe
          SAAM MET JESUS REGEER?   Testament in Engels vertaal. Dit
                                                                                     is in Duitsland gedruk. Jare lank
             n Matt. 20:17-28 vind ons die verhaal van die twee seuns van            is hierdie klein testamentjies na
             Sebedéüs en hulle moeder wat 'n versoek aan Jesus gerig                 Engeland  gesmokkel  totdat
          Ihet: "...Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag              Tyndale deur ‘n “vriend” verraai
          sit, een aan u regter- en een aan u linkerhand...Julle weet nie            is. Nadat hy vir kettery verhoor
          wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan          is,  het  hy  ‘n  jaar  in  die  tronk
          drink,  en  gedoop  word  met  die  doop  waarmee  Ek  gedoop              deurgebring in afwagting op sy
          word? Hulle sê vir Hom: Ons kan. En Hy sê vir hulle: Dis waar,             teregstelling.  Hy  het  die  Ou
          my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop                 Testament  net  betyds  klaar  in
          word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter- en              Engels  vertaal  voordat  hy  in
          aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir               1536 op die brandstapel gesterf
          hulle vir wie dit deur my Vader berei is" (Matt. 20:21-23).                het.
          Hulle het voorwaar nie geweet wat hulle vra nie. Baie geestelike           Daar  het  hy  sy  laaste  gebed
          lesse sou nog op hulle wag.                                                gebid: “Here, maak die koning
          Sal  hulle  dalk  tóg  eendag  aan  sy  linker-  en  regterhand  sit?      se oë oop!” Die Here het!
          Alvorens hulle egter sou kon regeer, moes hulle louterings-                ‘n Jaar later is die druk van die
          prosesse deurgaan. Jakobus het vinnig geleer dat hy moes ly                eerste  wettige  Engelse  Bybel
          ter wille van Jesus. Hy is op ‘n jong ouderdom doodgemaak.                 toegelaat.  Vandag  stem  90%
          Johannes is o.a. lewendig in 'n pot kokende olie gegooi. Later in          van  die  King  James  Bible
          eensaamheid verban na die eiland Patmos, waar hy wonderlike                woordeliks ooreen met Tyndale
          openbaringe ontvang en in die Boek Openbaring neergepen                    se werk!
          het.
          As ons saam met Hom wil regeer, moet ons eerstens leer om                              *  *  *  *  *
          soos Maria aan sy voete te sit. Dit spreek van verootmoediging
          en afhanklikheid. Dáár leer ons dat "ek" niks is nie, tot niks in          Nikolai Khamara het as ‘n dief
          staat sonder Hom nie, en om nie op eie krag te steun nie. Juis             tronk  toe  gegaan  en  as  a
          híérin lê my krag. "Want", sê Hy, "My krag word in swakheid                Christen  uitgekom.  Na  die
          volbring." Ek leer verder dat as ek myself voor Hom verneder,              inhegtenisneming  van  sy
          Hý  my  op  die  regte  tyd  sal  verhoog.  Hy  het  'n  behae  in         pastoor,  het  die  owerhede
          nederigheid.  Voor  sy  grootheid  en  Almag  besef  ek  my                gedreig om Khamara te martel
          nietigheid en geringheid. Hy moet meer word en ek minder...                om ondergrondse geheime van
          Ek mag ook soms soos ‘n klein kindjie op sy skoot gaan sit. Dit            die pastoor te verkry. Khamara
          spreek van intimiteit tussen kind en Vader, want "Soos 'n vader            het  sy  pastoor  verseker:  “Ek
          hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die               gee nie om om vir Christus te ly
                                                                                     nie.”
          wat Hom vrees" (Ps. 103:13). Jesus roep: "Abba, Vader,… neem               Hulle  het  toe  Khamara  se  oë
          hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat             uitgesteek.  Die  pastoor  het          Flink Vingers/
          U wil" (Mark. 14:36).                                                      uitgeroep:  “Hoe  kan  ek  dit
          Abba  is  Aramees  vir  "my  Pappie".  Dit  dui  op  die  intieme          aanskou? Jy sal vir altyd blind           Biggie Best
          verhouding van Jesus met God die Vader. Paulus skryf dat ons               wees!”
          deur die Gees roep "Abba Vader" (Rom. 8:16; Gal. 4:6). Hierin              Khamara het geantwoord: “Nou            Tel: (018) 297 8352
          kan ons sien dat elke kind van God in 'n intieme verhouding met            sal ek meer skoonheid sien as              Skakel my vir die
          sy hemelse Vader mag staan. In so ‘n verhouding koester Hy                 wat  ek  ooit  met  my  oë  gesien           maak van al u
          ons en ons kan ons liefde aan Hom verklaar.                                het. Ek sal die Verlosser sien!”           gordyne, kwilts,
          A.g.v. hierdie intieme verhouding, mag ons ook soos Johannes               Hulle het toe gedreig om sy tong           kussings, toilet-
          met ons kop op sy bors lê. Wanneer ons dit doen, hoor ons sy               uit te sny. “Prys die Here Jesus          stelle, ens. Hier is
          hartklop. Dan praat Hy met ons oor sy werk, oor sy kinders en              Christus!  Nou  het  ek  die               nog ou voorraad
          oor alles wat sy Koninkryk raak. Na ons gesprekke met Hom,                 hoogste woorde gesê wat gesê               beskikbaar. Kom
          sal ons sy Koninkryk op die hart dra, dit bevorder en sy blye              kan  word.  Julle  kan  maar  my           maak ‘n draai by
          boodskap  met  vreugde  en  ywer  verkondig,  terwyl  ons  ook             tong uitsny!”                                Smitstraat 58,
          bereid sal wees om vir Hom te ly - al moet ons ook sterf in die            Hierdie mense kon nie sy geloof              Potchefstroom
          proses!                                                                    breek nie. Hy het uiteindelik ‘n                  tussen
          Terwyl ons hier op aarde is, moet ons hierdie drie dinge doen,             martelaarsdood gesterf!                     09:00 en 13:00.
          en dan sal ons in die lewe hierna saam met Hom regeer!                     [www.persecution.com]
   1   2   3   4   5   6   7