Page 8 - Good News January 2012 paper
P. 8

Maak hierdie jaar 'n paar Goddelike voornemens. Dit sal
                          jou help om saam met God op die regte pad te bly.


                                               VERHOUDING
                               Bevestig opnuut jou verhouding met God.
                                   Leer my U pad, Here, ek wil wandel
                                       in U waarheid; leer my U met
                                        toewyding dien (Ps. 86:11).


                                                 VERLEDE
                             Kyk terug op die jaar wat verby is en vra God
                            om jou te wys waar jy deur swakheid en sonde
                                    verhoed is om geestelik te groei.
                               Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,
                             ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of
                                  ek nie op die verkeerde pad is nie en
                              lei my op die beproefde pad! (Ps. 139:23-24).

                                                 VERGIFNIS
                            Bely jou sondes en vra God om jou te vergewe.
               Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe
                 ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid (1 Joh. 1:9).

                                                 VERSTERK
                                Vra God om jou te versterk en om vir jou
                               'n nuwe visie te gee vir die jaar wat voorlê.
                    Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie
              teëspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! (Jer. 29:11).

                                                 VERNUWE
                        Vra God om jou te help om jou lewe te sien soos Hy dit
                         sien. Wy jou dan opnuut toe aan Sy plan vir jou lewe.
                         Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word
                           nie, maar laat God julle verander deur julle denke
                          te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die
                                   wil van God is, wat vir Hom goed en
                                 aanneemlik en volmaak is (Rom. 12:2).

                                        VOORNEME
                      Maak 'n vaste voorneme om getrou te wees
                       aan God se wil vir jou lewe. Maak Sy Naam
                    groot in alles wat Hy in gebed aan jou openbaar.
                      Ek span my in om by die wenstreep te kom,
                     sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe
                    God my geroep het in Christus Jesus (Fil. 3:14).


                                      VERSEKERING
                       Skryf alles neer wat God in gebed aan jou
                     openbaar. Kyk gereeld daarna en onthou dan
                   dit is net deur Sy genade dat jy in Hom kan groei.
                     Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die
                       genadetroon, sodat ons barmhartigheid en
                       genade kan ontvang en so op die regte tyd
                               gehelp kan word (Heb. 4:16).
                                        - Oorgeneem
   3   4   5   6   7   8   9