Page 8 - Good News June 2019 paper
P. 8

pwinding  was  oral  te  bespeur.  Feestelike  afwag-
                                                                                                        ting... Pragtige blomme op keurig gedekte tafels.
                                                                                                 OOpgewonde  gesels.  Tafels  het  gekreun  onder
                                                                                                 allerlei smaaklikhede, maar die fokus was hemelwaarts en
                                                                                                 die  sprekers  se  boodskappe  asook  die  musiek  was
                                                                                                 inspirerend en het die hartsnare geroer. God se Teenwoor-
                                                                                                 digheid was tasbaar!

                                                                                                 Dieselfde aand was die kerkgebou ook stampvol. 'n Kalei-
                                                                                                 doskoop  van  musikale  verskeidenheid.  Vriende  uit
                                                                                                 verskeie plaaslike gemeentes het hande gevat en met 'n
                                                                                                 loflied op hul lippe Goeie Nuus se 21ste verjaarsdag kom
                                                                                                 vier!

                                                                                                 Goeie Nuus wil graag almal bedank wat betrokke was by
                                                                                                 die Oggendtee en die Lofprysingsdiens wat op 11 Mei 2019
                                                                                                 plaasgevind  het.  Wat  'n  kosbare  en  Godverheerlikende
                                                                                                 dag! God was voorwaar ons Eregas! Met hierdie dag se
                                                                                                 vieringe wou ons Hom vereer en dankie sê vir soveel jare
                                                                                                 se getroue voorsiening. Ons eer Hom omdat Hy ons as
                                                                                                 gesin geroep het om deel te wees van Sy weermag van
                                                                                                 Woordverkondigers  om  noodlydendes  en  hulpbehoe-
                                                                                                 wendes te bereik met Sy kosbare Woord wat Waarheid en
                                                                                                 Lewe in hulle omstandighede kan bring.

                                                                                                 Ons is opnuut versterk en bemoedig deur soveel mense
                                                                                                 wat hande met ons neem om voort te gaan om God se
                                                                                                 Naam te eer en Sy Koninkryk uit te brei. Hou asseblief aan
                                                                                                 om vir ons te bid dat Hy sal voortgaan om ons te seën, te
                                                                                                 versterk en ons in staat sal stel om Sy volmaakte wil uit te
                                                                                                 voer! Die Here seën elkeen van u! - Redakteur, Goeie Nuus
   3   4   5   6   7   8   9