Page 2 - Good News November 2005 paper
P. 2

aar is 'n rede waarom Jesus gesê het: "Maar jy, wanneer
                  jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou
          DVader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die
          verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde" (Matt. 6:6).
          Behalwe vir die oproep tot gebed wanneer ons Hom nodig het,
          roep Hy ons om so 'n bietjie eenkant te kom, sodat ons met Hom
          gemeenskap  ("fellowship")  kan  hê.  Hy  wil  ons  vul  met  Sy
          heerlike Teenwoordigheid. Hy wil hê Sy kinders moet die Brood
          van die Lewe eet sodat hulle gedurig in 'n lewende verhouding
          met Hom kan leef.
          Ons moet in die binnekamer op Hom wag. In Psalm 25:5 sê
          Dawid: "U verwag ek die hele dag." Die King James Version: "…
          on Thee do I wait all the day."  Hierdie "wag" beteken " ‘to bind
          together’ through a process of intertwining, clearly suggesting
          the  virtual  envelopment  of  the  soul  with  God"  (Spirit-Filled
          Bible). Ons word as't ware deur God "toegevou" wanneer ons
          met Hom in die binnekamer verkeer.
          Wat mis ons as ons nié op Hom wag nie? Samuel sê vir die volk:
          "En julle mag nie afwyk nie, want dan gaan julle agter nietige
          afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede
          is"  (1  Sam.  12:21).  Hierdie  woord  "nietighede"  (Hebreeus  =
          tohu) word ook weer gevind in Gen. 1:2 - "En die aarde was
          woes en leeg (Hebreeus = tohu va bohu), en duisternis was op
          die wêreldvloed..." En in Jes. 45:18 - "Hy het dit (die aarde) nie
          geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon
          te word..."
          "Woes" beteken dan: "A formless, chaotic mess, a waste, a
          worthless thing, emptiness and desolation, for no purpose, for
          nothing" (Spirit-Filled Bible).
          Indien ons nie gereeld op God wag in die binnekamer nie, dan is
          ons siel dus gevul met "leegheid". 'n Leegheid soos in Gen. 1
          toe die aarde woes en leeg was. Maar hierdie "leegheid" word
          opgeneem  of  gevul  deur  ander  dinge  in  die  lewe  -  tydelike
          nietighede wat ons nooit kan tevredestel nie.
          Hoe lyk jóú geestelike lewe? Het jou verhouding met God skade
          gely  deurdat  jy  nie  genoeg  tyd  in  jou  binnekamer  met  Hom
          deurbring nie? Is jou lewe gevul met leegheid, sinloosheid en
          louheid?
          "Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit
          My mond spuug. Want jy sê: ‘Ek is ryk en het verryk geword en
          het aan niks gebrek nie’; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig
          en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. Ek raai jou
          aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy
          kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande
          van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te
          salf, sodat jy kan sien" (Openbaring  3:17-18).
          Keer terug na God!
          GAAN IN JOU BINNEKAMER EN SLUIT JOU DEUR...
   1   2   3   4   5   6   7