Page 7 - Good News April 2017 paper
P. 7
ie saad van die rooi papawer lê
soms vir jare sonder om te
Dontkiem. En dan, skielik, steek
honderde plantjies hulle koppe bo die
grond uit. Die rooi papawer is voor-
waar 'n lus vir die oog, te meer nog so
as dit wild langs die pad groei. In
Europa groei dié helderrooi blom daar
waar manne in veldslae gesneuwel
het. Dit word ook as simbool van 'n
herinneringsdag aan almal wat in
oorlog gesneuwel het, gebruik.
Dit is goed om terug te dink aan diegene wat hulle lewens vir
hulle land afgelê het. Dalk sal die tol wat betaal is, ons in die
toekoms twee keer laat dink. Dalk sal dit tot gevolg hê dat die
staatsmanne van die wêreld liewer met woorde as met wapens
veg.
Máár daar is Een wat Sy lewe vir ons almal gegee het, sodat óns
kan lewe. Jesus het al die sondes van die mensdom op Hom
geneem toe Hy aan die kruis gesterf het. Hy het die dood eens en
vir altyd oorwin. Hy het vir ons vryheid gegee sodat ons nie in
vrees hoef te lewe nie. Die goeie nuus van die Christelike
boodskap lê opgesluit in die saad van Jesus se sterwe waaruit
die lewe groei vir elkeen wat God se Woord aanvaar.
Deur die eeue heen het miljoene mense se lewens nuut geword,
is hulle verander en het hulle van koers verander. Dié krag wat
Jesus uit die dood laat opstaan het, is elke dag tot beskikking
van elke mens wat aan Hom behoort.
Almagtige God, ek dank U vir Jesus, wat Sy lewe gegee het
sodat ons kan lewe. Neem ons, net soos ons is, en saai U nuwe
lewe in ons.
Die Skrif sê: "Die mens is soos gras, en al sy skoonheid soos 'n
veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van
die Here, dit bly vir ewig. En hierdie woord is die evangelie wat
aan julle verkondig is."
-1 Petrus 1:24, 25
[Uit: Blomme langs die Pad, Beverley Parkin, CUM,1989]