Page 2 - Good News August 2005 paper
P. 2
y geleentheid het Catherine Kuhlman gebid: "Lord, if You
can use nothing, here am I." En dit is presies wat die Here
Bsoek. Hy is voortdurend op soek na nikswees-mense deur
wie Hy Sy werk op aarde kan doen, want Hy deel Sy eer met
niemand nie. In der waarheid is geen mens bevoeg om eer te
hanteer nie. Daarom moet ons voortdurend die fokus op Hóm laat
val.
Bepeins die woorde van Jesus in Matt. 5:3: "Salig is die wat arm van
gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele." In
Luk. 6:20 staan: "Salig is die armes." Die Griekse woord wat hier vir
"armes" gebruik word, is ptochoi. Hierdie woord beskryf ‘n
persoon wat algeheel brandarm en hulpbehoewend is. Hy het glad
niks nie! Daarom word hierdie woord ook gebruik vir "bedelaar". In
die Ou Testament word die Hebreeuse woord ani gebruik, wat in sy
betekenis deur verskillende ontwikkelingstadiums gegaan het,
maar wat uiteindelik beteken diegene wat arm en getrou is, wat
géén hulp op aarde het nie, en wat homself in volle vertroue aan
God verbind het. Daarom sê die Psalmis: "Hierdie ellendige (ani -
arme) het geroep en die HERE het gehoor, en Hy red hom uit al sy
benoudhede" (Ps. 35:10; 40:17; 72:2). Bedoel Jesus in Luk. 6:20
letterlik arm mense (met min besittings)? Indien wel, sou dit
beteken het dat alle arm mense hemel toe gaan! Armoede is egter
geen waarborg vir redding of geestelikheid nie. Jesus bedoel
hiermee ook nie swaksinniges nie.
Bring die Grieks en Hebreeus bymekaar en "arme" beteken dié
persoon wat sy eie onbevoegdheid, onwaardigheid, nietigheid en
afhanklikheid van God besef en daarom sy volle vertroue in God
stel. Dit beskryf die persoon wat tot die volle besef kom dat hy nie
sy eie lewe kan hanteer nie - hy het God se hulp en krag nodig. Elke
dag, oomblik na oomblik. Daarom kan hy slegs deur God se genade
elke dag leef! Hy is ten volle afhanklik van God. Spr. 3:5 sê: "Vertrou
op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie." Om
"arm van gees" te wees, beteken dus om van alle hoogmoed en
selfverheffing gestroop te wees!
Die Nuwe Vertaling stel dit so mooi:"Geseënd is dié wat weet hoe
afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk
van die hemel" (Matt. 5:3).'n Mens wat tot hierdie besef gekom het,
word soos klei in die hand van die Skepper.
God skep ex nihilo (Latyn vir "uit niks"). Wanneer ons niks word
voor Hom, kan Hy geweldig baie deur ons tot stand bring. Jesus
kan slegs daardie hart vul wat leeg is van die self. Die persoon wat
homself verloën het, die "ek" gekruisig het, is arm van gees - daar is
niks in homself waarop hy kan roem of vertrou nie. Hy sal slegs
maar op Gód vertrou.
God soek mense wat soos Catherine Kuhlman kan bid: "Lord, if
You can use nothing, here am I." As ek dit saam met haar wil bid,
moet ek ook in my eie oë en lewe niks wees nie! Slegs dan sal Gód
alleen die eer kry wanneer Hy groot dinge deur my vermag en dan
sal ek tot groot seën vir ander mense kan wees!