Page 8 - Good News December 2009 paper
P. 8

aar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal   Daar is soveel wat verdwaal is in
                   die son van redding skyn met genesing in       die duister gange van die sonde.
           Msy strale… (Mal. 4:2).                                Die son skyn, maar hulle is blind.
                                                                  Maar,  sê  Maleagi,  daar  is
           Die  son  staan  in  glorie  en  majesteit  hoog  in  die   genesing  in  Sy  strale.  Hy  neem
           hemelboog, ver en ongenaakbaar in sy heerskappy.       ons krankhede op Hom en dra ons
           Die oog kan nie onbeskermd daarna kyk sonder om        smarte.
           verblind te word nie.                                  Ons moet van Kersfees af terug-
           Soos  die  son  is  ons  God.  Hoog  verhewe  bo  die   gaan  na  die  alledaagse  lewe  en
           aardse  rumoer  heers  Hy  oor  die  hele  wêreld.  Al   die lig wat ons van Hom ontvang
           probeer ek my oë teen sy glans beskerm, Hy bly         het  in  ’n  duister  wêreld  gaan
           steeds daar. Soos die son wat met sy koesterende       uitdra.
           strale lig, warmte en groei bring, so kom God in die
           Adventtyd ook na ons. Maar anders as die son, is       Gebed:
           God in Sy onaantasbare heerlikheid tog ook naby        Son van Geregtigheid, dankie dat
           ons.                                                   U  ons  in  die Adventtyd  daaraan
           Ons kan nie na die son toe gaan nie, maar die son      herinner  dat  ons  ’n  roeping  het
           kan na ons toe neerdaal. God stuur Sy lig om ons       om U ligdraers in hierdie wêreld te
           donker verstand te verlig, ons koue hart te verwarm    wees.
           en  die  nag  van  ons  sonde  in  ’n  genadedag  te
           omskep.                                                Ons  taak  as  leke  is  om  ons
           In Jesus Christus daal die Son van Geregtigheid tot    oorgawe  aan  Christus  só  uit  te
           ons neer. God uit God; Lig uit Lig. Sagaria besing     leef dat dit aansteeklik sal wees.
           die Betlehemskind as die Opgaande Lig wat ons          - Paul Tournier
           besoek  om  te  skyn  oor  dié  wat  in  duisternis  en   [Elke Môre Nuut, Solly Ozrovech,
           doodskaduwee sit.                                      CUM, 1999].
   3   4   5   6   7   8   9