Page 7 - Good News November 2012 paper
P. 7

Hemelse Leidsman...
            Hemelse Leidsman...





          Ek wil so graag hierdie dag tegemoetgaan
          met geloof, hoop en liefde in my hart.
          Ek  wil  so  graag  onvoorwaardelik  glo:
          soos  Abraham  en  Henog  en  Moses  en
          elkeen  in  die  heldegalery  van  Hebreërs
          11. Maar ek is dikwels soos Thomas; ek
          wil eers voel en sien; my geloof is dikwels
          beperk tot my sintuie. Ek wil so graag die
          onsienlike glo en stilweg bely: “My Here
          en my God!”
          Lei  my  deur  die  Heilige  Gees  tot  ‘n
          praktiese  en  eerlike  geloof  wat  my
          onlosmaaklik aan Jesus sal verbind. Ek
          wil so graag die hoop ongeskonde in my
          hart ervaar, hoop dat die brandende, edel
          ideale van my hart verwesenlik sal word;
          dat my geestelike lewe sal groei in kennis,
          liefde en waarheid, sodat ek dié dinge sal
          kan  onderskei  waarop  dit  werklik
          aankom.
          Hou ‘n gees van optimisme brandend in
          my  hart.  Ek  wil  met  die  eerlikheid  van
          sterfbedwoorde  vir  U  kan  sê:  “Here,  U
          weet alles. U weet dat ek U liefhet!”
          Ek  wil  my  medemens  liefhê  met  ‘n
          opregte,  onselfsugtige  liefde  wat  alle
          skeidsmure  afbreek  en  versoening  ‘n
          heerlike werklikheid maak. Lei my dan tot
          ware begrip van geloof en hoop en liefde.
          In Jesus se heerlike Naam.  Amen.
   2   3   4   5   6   7   8   9