Page 5 - Good News September 2010 paper
P. 5

et voor die winter is talle heinings vol helder bessies. Die voëls
                 word gelok deur die pragtige rooi en oranje bessies en menige
          Nonkundige word in die versoeking gestel om van die giftige blink
          bessies te eet. Kinders kan sterf as hulle dit inkry en volwassenes word
          baie siek daarvan. En tog word belladonna, 'n belangrike middel wat
          gebruik  word  om  die  pupil  tydens  oogondersoeke  te  vergroot,  van
          nastergal gemaak.
          Ek was jare gelede in 'n ongeluk betrokke en kon as gevolg daarvan vir
          'n week of twee glad nie sien nie. Dit het my hele lewe beïnvloed en aan
          bande gelê. Toe ek later 'n bejaarde blinde dame ontmoet, en sy vir my
          sê dat sy sedert ons ontmoeting jare tevore élke dag vir my gesin gebid
          het, was ek diep verootmoedig. Ek het na haar sagte gesig en haar
          helderblou blinde oë gekyk en was opnuut getref deur haar insig en
          begrip in geestelike sake.
          Sy het oor die blomme wat ek op haar skoot neergesit het, gestreel  en
          my  eie  oë  het  verder  oopgegaan.  Ek  het  begin  verstaan  dat  dit
          verskriklik is om blind te wees, maar nog erger om gééstelik blind en
          afgestomp te wees. Belladonna-druppels word gebruik om die pupil te
          vergroot, maar God werk in ons binneste om die oë van ons hart oop te
          maak.  Daardeur  stel  Hy  ons  in
          staat  om  dieper  te  kyk,  om  Sy
          waarhede raak te sien en tot groter
          begrip  van  die  waarde  van  ons
          lewens  te  kom.  Hy  werk  dikwels
          aan die oë van ons harte  wanneer
          ons die Bybel lees en in gebed tot
          Hom nader.
                 Here God, maak asseblief
                 die oë van ons harte oop,
                 sodat ons U weë kan sien
                 en verstaan. Mag U liefde,
                 U woorde en U krag ons in
                 ons lewens lei.
          “Ek laat die blindes loop op 'n pad
          wat hulle nie ken nie, Ek laat hulle
          op  paaie  gaan  wat  vir  hulle
          onbekend  is.  Ek  verander  die
          donker  voor  hulle  in  lig  en  Ek
          maak die ongelyk plekke gelyk. Dit
          is wat Ek gaan doen, Ek gaan daar
          nie van afsien nie” - Jesaja 42:16 -
   1   2   3   4   5   6   7   8   9