Page 5 - Good News April 2013 paper
P. 5

W         illiam Tyndale het die Nuwe Testament in Engels vertaal. Dit
                                                            is  in  Duitsland  gedruk.  Jare  lank  is  hierdie  klein
                                                            testamentjies na Engeland gesmokkel totdat Tyndale deur
                                                  'n “vriend” verraai is. Nadat hy vir kettery verhoor is, het hy 'n jaar in
                                                  die tronk deurgebring in afwagting op sy teregstelling. Hy het die Ou
                                                  Testament net betyds klaar in Engels vertaal voordat hy in 1536 op die
                                                  brandstapel gesterf het.
                                                  Daar het hy sy laaste gebed gebid: “Here, maak die koning se oë oop!”
                                                  Die Here het! 'n Jaar later is die druk van die eerste wettige Engelse
                                                  Bybel  toegelaat.  Vandag  stem  90%  van  die  King  James  Bible
                                                  woordeliks ooreen met Tyndale se werk!






                                                  Nikolai Khamara het as 'n dief tronk toe gegaan en as ‘n Christen
                                                  uitgekom. Na die inhegtenisneming van sy pastoor, het die owerhede
                                                  gedreig om Khamara te martel om ondergrondse geheime van die
                                                  pastoor te verkry. Khamara het sy pastoor verseker: “Ek gee nie om
                                                  om vir Christus te ly nie.”
                                                  Hulle het toe Khamara se oë uitgesteek. Die pastoor het uitgeroep:
                                                  “Hoe kan ek dit aanskou? Jy sal vir altyd blind wees!”
                                                  Khamara het geantwoord: “Nou sal ek meer skoonheid sien as wat ek
                                                  ooit met my oë gesien het. Ek sal die Verlosser sien!”
                                                  Hulle het toe gedreig om sy tong uit te sny. “Prys die Here Jesus
                                                  Christus! Nou het ek die hoogste woorde gesê wat gesê kan word. Julle
                                                  kan maar my tong uitsny!” Hierdie mense kon nie sy geloof breek nie.
                                                  Hy het uiteindelik 'n martelaarsdood gesterf!
                                                     [www.persecution.com]
   1   2   3   4   5   6   7   8   9   10