Page 8 - Good News May 2009 paper
P. 8

'n Bekende skryfster het eenmaal gebid dat sy  Ons is veels te gering,
          nooit  haar  vermoë  tot  verwondering  moet  Ons verdien niks van die
          verloor nie. Verwondering is die vermoë om soos  barmhartigheid en trou
          'n kind, asof vir die eerste maal, na dinge te kyk.  wat U aan ons bewys het nie.
          Die teoloog Ferdinand Deist gaan so ver om te sê  Almagtige God, ewige Koning,
          dat dit 'n vorm van gebed is. Om verwonderd te  ons loof U.
          wees oor heel alledaagse dinge, sê hy, is om te  Neem ons skamele dank
          bid. Om bly te wees oor die feit dat jy 'n mens is  en ons skamele geloof aan.
          en mag lewe, om bly te wees oor liefde tussen  Alles wat is, Here,
          mense, of oor 'n glimlag, is alreeds gebed, sê hy.  het U geskep.
          Want dit is verwondering oor die werk van God.          Alles wat is, getuig van u
          Verwondering en dankbaarheid gaan hand aan  gedagtes, God van liefde.
          hand. 'n Mens wat hom só kan verwonder, is ook  In alles wat is, word U plan
          die dankbare mens. Maar dis asof ons só haastig  vervul, ook in my,
          geword het dat ons ons nie meer kan verwonder  heilige God.
          nie, en daarmee nie dankbaar is vir die onuit-          In alles wat is, sien ek
          spreeklike  voorreg  van  léwe  nie:  vir  ons  die merkteken van U
          gesondheid, vir die skoon lyne van 'n blakende  heerlikheid…
          kind in die bad, vir elke nuwe dag wat spierwit  U is die boog oor my.
          breek (hoe graag dra ons nie gister se ellendes  U is die hoogte en die diepte.
          saam die nuwe dag in nie!), vir mense om ons  Ek is in U. Ek loof U,
          wat ons liefhet, vir die pragtige skepping om ons.      heerlike God!
          Vir  die  Christen  is  die  grootste  bron  van  [Uit: Deur die liefde aangeraak,
          dankbaarheid  en  verwondering  Christus  se  Winnie  Rust,  NG  Kerk-Uitge-
          menswording.  Ons  sal  die  misterie  daarvan  wers, 1982].
          nooit heeltemal kan peil nie: dat God as Mens
          aarde  toe  gekom  het,  Hom  volkome  met  die
          mens  vereenselwig  het,  en  versoening  tussen
          mens en God bewerkstellig het sodat ons nou
          vry kan wees. As ons hierdie feite nuut ervaar,
          kan ons beperkte menslike verstand daar nie by
          nie!
          Die  mens  wat  in  hom  so  'n  verwonderde,
          dankbare hart omdra, is ook die diensbare een.
          Sou mens dan so 'n groot geskenk ontvang, en
          nie iets wou teruggee nie? Die dankbare hart is
          die een wat bly is, wat graag iets terugsit in die
          lewe waaruit hy so baie kry.
          Paulus sê dat die liggaam uit baie dele bestaan,
          en dat elke deel 'n afsonderlike funksie het. Ons
          is nie almal eenders nie. Sommige van ons leef
          ons dankbaarheid uit deur onsself diensbaar te
          stel vir die barmhartigheidsdienste van kerke of
          ander organisasies. Kan u u 'n wêreld voorstel
          sonder  hierdie  dienste?  Die  kinderhuise  en
          huise  vir  bejaardes  sou  byvoorbeeld  nie  kon
          bestaan nie. Maar daar is ook dié van ons wat
          miskien  ons  dankbaarheid  sal  betoon  met  'n
          klein geskenkie vir die eensame wat verjaar, met
          'n gerusstellende geselsie by 'n vreesbevange
          kind in die donker, met 'n pot warm sop vir die
          siek buurvrou. Ons wêreld sal kouer en armer
          wees sonder die kleur van die klein gebaar wat
          kom uit dankbare harte.
          Ek onthou my oupa Kallie goed. Hy was 'n klein,
          krom  mannetjie  met  'n  spitsbaardjie  soos  Jan
          Smuts en waterige blou ogies. Oupa Kallie het
          swáár  gehad:  tydens  die  groot  griep  vrou  en
          kinders  verloor,  finansiële  druktes  beleef,  'n
          tweede vrou getrou wat chronies depressief was
          en  die  ses  klein  kinders  in  verwaarlosing  laat
          rondloop  het.  Maar  Oupa  Kallie  was  'n  diep
          opregte,  blymoedige  Christen  wat  met  sy
          welluidende tenoorstem die kerk kon vul. Niks
          kon hom onderkry nie. Oupa Kallie se briewe aan
          Pa was altyd 'n blye lofsang oor Gods grootheid
          en goedheid.
          Geen swaarkry of ellende kan ons van God se
          liefde  skei  nie.  Daarom  kan  ons  met  dank-
          baarheid saam met die psalmis sê:
          Almagtige God, ewige Koning,
          U woon in die lig,
          en die aarde is die voetbank vir U voete.
          Die hele aarde prys U, die mense loof U.
          Wat is ons Here, dat U aan ons dink?
   3   4   5   6   7   8   9