Page 7 - Good News September2007 paper
P. 7

illiam  Tyndale  het  die
                                                        Nuwe  Testament  in
                                               WEngels  vertaal.  Dit  is  in
                                               Duitsland  gedruk.  Jare  lank  is
                                               hierdie  klein  testamentjies  na
                                               Engeland  gesmokkel  totdat
                                               Tyndale  deur  ‘n  “vriend”  verraai
                                               is. Nadat hy vir kettery verhoor is,
                                               het  hy  ‘n  jaar  in  die  tronk
                                               deurgebring  in  afwagting  op  sy
                                               teregstelling.  Hy  het  die  Ou
                                               Testament  net  betyds  klaar  in
                                               Engels vertaal voordat hy in 1536
                                               op die brandstapel gesterf het.
                                               Daar het hy sy laaste gebed gebid:
                                               “Here,  maak  die  koning  se  oë
                                               oop!” Die Here het!
                                               ‘n  Jaar  later  is  die  druk  van  die
                                               eerste  wettige  Engelse  Bybel
                                               toegelaat. Vandag stem 90% van
                                               die King James Bible woordeliks
                                               ooreen met Tyndale se werk!

                                                            *  *  *  *  *

                                                      ikolai  Khamara  het  as  ‘n
                                                      dief tronk toe gegaan en as
                                               N'n  Christen  uitgekom.  Na
                                               die  inhegtenisneming  van  sy
                                               pastoor, het die owerhede gedreig
                                               om  Khamara  te  martel  om
                                               ondergrondse  geheime  van  die
                                               pastoor te verkry. Khamara het sy
                                               pastoor verseker: “Ek gee nie om
                                               om vir Christus te ly nie.”
                                               Hulle  het  toe  Khamara  se  oë
                                               uitgesteek.  Die  pastoor  het
                                               uitgeroep:  “Hoe  kan  ek  dit
                                               aanskou?  Jy  sal  vir  altyd  blind
                                               wees!”
                                               Khamara  het  geantwoord:  “Nou
                                               sal ek meer skoonheid sien as wat
                                               ek ooit met my oë gesien het. Ek
                                               sal die Verlosser sien!”
                                               Hulle het toe gedreig om sy tong
                                               uit  te  sny.  “Prys  die  Here  Jesus
                                               Christus! Nou het ek die hoogste
                                               woorde gesê wat gesê kan word.
                                               Julle kan maar my tong uitsny!”
                                               Hierdie mense kon nie sy geloof
                                               breek  nie.  Hy  het  uiteindelik  ‘n
                                               martelaarsdood gesterf!
                                               [www.persecution.com]
   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12