Page 1 - Good News September 2008 paper
P. 1

nvoorsiene en ondenkbare omstandighede           Aan die begin van 2006 het ek al
                 het genoodsaak dat ek op 47 met vervroegde       hoe  meer  die  verlange  begin
          Opensioen moes aftree. Ek was vir etlike jare           koester  om  in  'n  dieper  verhou-
          in diens van die Weermag, en was ook 13 jaar aan        ding  met  die  Here  te  leef  en  'n
          die Noordwes-Universiteit verbonde.                     meer  betekenisvolle  Christelike
                                                                  lewe te lei. Ek wou so graag soos
                                                                  Hy wees en SY wonderlike vrede
                                                                  intens beleef.
                                                                  Twee  dinge  het  kort  daarna
                                                                  gebeur waarvan ek die betekenis
                                                                  tóé  nie  werklik  begryp  het  nie.
                                                                  Gedurende  April  2006  het  'n
                                                                  vriend  my  een  oggend  gebel  en
                                                                  gesê  dat  ek  Markus  1:40,41
                                                                  noukeurig  moes  lees:  Daar  kom
                                                                  toe 'n melaatse man na Hom toe                    Adolph de Wit, 082 373 0623
                                                                  wat  smekend  op  sy  knieë  voor
                                                                  Hom neerval en vir Hom sê: "As U
                                                                  wil,  kan  U  my  gesond  maak."
                                                                  Jesus het hom jammer gekry, sy
                                                                  hand  uitgesteek  en  hom  aange-
                                                                  raak. Hy sê toe vir hom: "Ek wil.
                                                                  Word  gesond!"  Hierdie  woorde
                                                                  het  ek  figuurlik  opgeneem  en
                                                                  gevra  dat  die  Here  my  geestelik
                                                                  sou genees sodat ek nader aan en
                                                                  intiemer met Hom kan leef. Ek het
                                                                           Vervolg op p. 3ervolg op p. 3
                                                                           V
   1   2   3   4   5   6