Page 7 - Good News March 2018 paper
P. 7
D ONKER ONHEILSWOLKE pak al meer en
meer saam oor ons samelewing. Vloedgolwe
van misdaad en perversiteit rol oor ons heen
en sleur ons mee om ons genadeloos teen die rotse van
afvalligheid en goddeloosheid tot sandkorrels te
vergruis! Verwoed loop die duiwel rond soos ‘n
brullende leeu en soek wie hy kan verslind (1 Petrus
5:8).
Christen, is jy paraat en opgewasse teen die siele-
vyand? Is jy LIG vir hierdie wêreld en SOUT van die
aarde? Of het jou lig só dof geword dat jy in die
skemerte tuis voel soos die wêreldling?
“God deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen
te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge”
(Jeremia 17:10). Hy, die Allerhoogste, roep ons tot
stilstand en nadenke: “Maar selfs nou nog, spreek die
HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met
vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie
julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God;
want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot bres te staan vir ons dorpe, stede, ons land Suid-
van goedertierenheid...” (Joël 2:12-13). Afrika en selfs die hele wêreld nie! Ons versuim sal tot
ons eie ondergang lei! Kom elkeen van ons tree elke
Gryp die verskrikkinge en duister lot van ons dorpe, dag ten minste vir 'n halfuur in vir ons woonplekke en
stede en land jou aan die hart? Luister dan na God se land!
oproep! “En Ek het onder hulle ‘n man GESOEK wat “[As] My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle
‘n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan verootmoedig en bid en My Aangesig soek en hulle
staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel
maar Ek het niemand gevind nie” (Eségiël 22:30). hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees”
(2 Kronieke 7:14).
Mag God ons behoed indien ons nie bereid is om in die - Huegene Venter