Page 1 - Good News November 2011 paper
P. 1

at 'n wonderlike God dien ons nie?     terug na Africa School of Missions, wat 13 km buite Witrivier
                   Genadig,  absoluut  regverdig  en      op die Krugerwildtuinpad geleë is. Dit was baie warm (38 °C)
          Wliefdevol.  Hy  laat  alles  ten  goede        buite. Ongeveer 2 km vanaf die huis, het ons om 'n draai
          meewerk vir dié wat Hom liefhet!                gekom waar daar olie oor 'n gebied van 150 meter oor die pad
          Op Sondag, 23 Oktober 2011, om 12:00, was       gelê het. Ons voertuig het op die olie gegly, getol en teen 'n
          ek  en  ons  drie  kinders  in  'n  motorongeluk   groot  aankomende  vragmotor  aan  die  linkerkant  voor
          betrokke.  Ons  was  van  die  kerk  af  op  pad   gebots.  Markus het langs my gesit en geskreeu: “Mamma,
                                                          ons  is  dood!”  Met  die  slag  teen  die  vragmotor  het  die
                                                          linkerkantste wiel uitgeruk en het die motor verder gegly en
                                                          om  nog  'n  draai  getol.  Daarna  het  dit  mooi  netjies  tot
                                                          stilstand gekom in die regte rigting langs die geellyn van die
                                                          pad, asof ek die motor net daar gaan parkeer het. Markus het
                                                          gehuil en gesê: “Mamma, ons lewe!” Ons dogtertjies agter in
                                                          die motor was stil en verskrik. God het alles in plek gehad    Izak & Rindie Cloete (082 517 7224)
                                                          met die ongeluk. Die vragmotor was presies op die regte       & kinders Markus, Elisa en Rebekka
                                                          plek toe die motor teen dit vasgeswaai het. Die impak was
                                                          voor en nie op Markus se deur nie. Ons is nie
                                                          onderdeur  die  vragmotor  nie!  As  die
                                                          vragmotor nie daar was nie, sou die motor
                                                          gerol het. As die wiel nie uitgeruk het nie,
                                                          was ons oor die afgrond! God se engele het
                                                          die motor beheer! Ten spyte van die gly en
                                                          tol het dit tog vir die vragmotorbestuurder
                                                          gelyk asof “ek” beheer oor die motor gehad
                                                          het. Maar, dit was nie ek nie, dit was net God!
                                                          Ek het geen beheer gehad nie - daar was nie
                                                          remme nie en ook wou die stuurwiel glad nie
                                                          werk nie. Ons loof God vir Sy beskerming!
   1   2   3   4   5   6